Ontdek

-
Uitstalling oor vroeë dansorkeste in die Kaap (1947-2008)
Nuuseum se uitstalling oor vroeë langarm-dansorkeste in Kaapstad is te sien by die US Toyota Woordees van 7 tot 15 Oktober 2023. Die uitstalling fokus op die Philadelphia Rhythm-dansorkes en is grootliks gegrond op ongedokumenteerde geskiedenis van hierdie groep. Hierdie uitstalling is nou ook aanlyn te sien met addisionele klank- en beeldmateriaal uit die Hendricks-familieargief.
-
Nuwe uitstalling oor die Anglo-Boereoorlog
Tydens die Suid-Afrikaanse oorlog, is ongeveer 6 000 Boere-soldate as krygsgevangenes na Sint Helena-eiland gestuur. Hierdie uitstalling maak gebruik van unieke materiaal wat beskikbaar gestel is aan Nuuseum vanuit die NG Kerkargief op Stellenbosch. Met ‘n kosbare versameling kampkoerantjies naamlik, Kamp Kruimels en De Krijgsgevangene, asook aangrypende foto’s, vertel hierdie uitstalling hoe die krygsgevangenes van Sint Helena hul ballingskap…
-
Die Stories van Afrikaans
Waar kom Afrikaans vandaan? Wie het dit gepraat, geskryf, geleef? Die Stories van Afrikaans is ’n fassinerende dokumentêre reeks wat die veelstemmige geskiedenis van die taal verken – van die ontstaan tot die ontwikkeling van Afrikaans in gemeenskappe dwarsoor Suid-Afrika. Dit bring die mense en stories na vore wat jare lank nie altyd erken is as deel…
-
Die Naweekpos
Die Naweekpos (1954-1970) is nou aanlyn beskikbaar danksy ‘n samewerkingsooreenkoms tussen Nuuseum en die NG Kerk in SA: Argief. In 1954 stig Johannes Norval Geldenhuys die Naweekpos, ʼn maatskappy sonder winsmotief met ʼn Boekediens, Toere- en Rolprent-afdeling vir die lewer van dienste aan Christelike opvoedkundige instellings. Hierdie maatskappy druk maandeliks ’n tydskrif “wat interessant en…
-
David Farrant koerante
In Oktober 2023 ontvang Nuuseum ’n skenking van ’n mikrofilm-koerantversameling bekend as die mees omvattende bibliografie van die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat nóg saamgestel is (1852- 2008).
-
Onderhoud met Nuuseum se uitvoerende bestuurder
In hierdie onderhoud gesels Stephanus Muller met Lizabé Lambrechts oor argiewe in Suid-Afrika, haar passie vir erfeniswerk en wat die vooruitsigte vir Nuuseum is oor die volgende paar jaar.
-
“Argiewe sonder grense” – internasionale konferensie in Kaapstad, 4-6 Oktober 2022
Op 4-6 Oktober neem Nuuseum deel aan die internasionale konferensie van FIAT/IFTA (Internasionale Federasie van Televisie-argiewe) in Kaapstad.
