Die Stories van Afrikaans
Waar kom Afrikaans vandaan? Wie het dit gepraat, geskryf, geleef? Die Stories van Afrikaans is ’n fassinerende dokumentêre reeks wat die veelstemmige geskiedenis van die taal verken – van die ontstaan tot die ontwikkeling van Afrikaans in gemeenskappe dwarsoor Suid-Afrika. Dit bring die mense en stories na vore wat jare lank nie altyd erken is as deel van die taal se vorming nie.
Nuuseum is trots om deel te wees van hierdie insiggewende reis. Die reeks gee nie net konteks aan die geskiedenis van Afrikaans nie, maar eer ook die diverse stemme en bydraes wat die taal gevorm het tot wat dit vandag is.
Moenie dit misloop nie – kyk Die Stories van Afrikaans elke Sondag op KykNet.
Navorsing en teks: Erns Grundling, Danie Marais
Inhoudsmedewerkers: Kabous Meiring, Kirby van der Merwe
Vervaardigers: Erns Grundling, PJ Kotzé, Frankie Opperman