
NG Kerkargief Stellenbosch
Verskeie publikasies
Ons werk saam met die argiefinstansie om kwesbare en unieke materiaal te identifiseer en digitaal te bewaar.

Afrikaanse Taalmuseum en -monument
Verskeie publikasies
Hier speel digitale bewaring ’n belangrike rol om versamelings beskikbaar te maak vir gebruikers wat daardeur wil soek.

Woordeboek van die Afrikaanse Taal
Digitalisering van biblioteek
Nuuseum digitaliseer die WAT se hele biblioteek om dit beskikbaar te maak vir interne gebruik en dit te beskerm.

Drakenstein Heemkring
Gribble-glasplaatnegatiewe
Nuuseum werk saam met die vereniging om die kosbare versameling van negatiewe te digitaliseer en befondsing in te samel.
Jou projek
Wil jy ’n argief saam met ons bou?
Elke projek begin met ’n gesprek oor die materiaal, die mense wat dit wil gebruik en hoe dit bewaar moet word.
