Privaatheidsverklaring

Hier kan jy meer uitvind oor hoe Nuuseum jou persoonlike inligting hanteer, wat ons insamel deur jou gebruik van ons webblad (nuuseum.media) en waarvoor ons dit gebruik. Ons heg baie waarde aan privaatheid en ons sal jou persoonlike inligting met die grootste moontlike sorg behandel en beskerm. 

Die webwerf van Nuuseum (nuuseum.media) word deur Nuuseum bestuur. Nuuseum is verantwoordelik vir die verwerking van persoonlike inligting via die webwerf van Nuuseum. Nuuseum se adres is Octo Place, Blok D, Eenheid 7, Technopark, Stellenbosch, 7600. 

Ons verwerk die volgende persoonlike inligting: 

As jy inteken as Vriend van Nuuseum: e-posadres; as jy kontak maak met ons of inteken vir ’n geleentheid: die inligting wat jy aan ons voorsien; As jy die webwerf gebruik: verkeersdata soos IP-adres; persoonlike inligting wat in die digitale versameling of in die metadata op die webwerf en/of in die nuusbrief van Nuuseum voorkom. 

Nuuseum versamel jou persoonlike inligting wanneer by byvoorbeeld opteken as Vriend van Nuuseum, of as jy kontak met ons opneem per epos of per telefoon. 

Ons gebruik jou persoonlike inligting om die Nuuseum-nuusbrief aan jou te stuur, op jou navrae te reageer, indien jy inteken vir ’n geleentheid om informasie aan jou te stuur en om tekste uit Afrikaanse koerante, boeke, tydskrifte en ander materiaal aanlyn beskikbaar te stel. Dit beteken dat persoonlike inligting in die digitale versameling van Nuuseum kan voorkom; om misbruik te monitor en indien nodig, die toegang tot Nuuseum te stop. 

Om die gebruik van nuuseum.media te meet, gebruik ons Google Analytics. Met dit analiseer ons hoe dikwels die webwerf besoek word, wat die oorsprong is van ons webwerf besoekers en hoe ons die webwerf kan verbeter. 

Ons verwerk jou data indien jy vir ons toestemming gegee het (byvoorbeeld om die nuusbrief vir jou te stuur), vir die vervulling van ons taak van algemene belang of vir een van ons mandate, of die van ’n ander maatskappy. Jy kan te alle tye jou toestemming vir die ontvangs van die Nuuseum-nuusbrief staak deur die skakel te gebruik wat onderaan die nuusbrief genoem word. ‘n Voorbeeld van in verband met ons publieke taak is die vertoon van tekste uit Afrikaanse koerante, boeke en tydskrifte. 

Nuuseum het toegang tot jou persoonlike inligting. Indien jou persoonlike inligting voorkom in die versameling koerante, boeke, tydskrifte of ander materiaal van Nuuseum, is dit toeganklik vir almal wat Nuuseum raadpleeg. Die versameling en gepaartgaande metadata kan ook deur navorsers gebruik word vir (wetenskaplike) navorsingsdoeleindes. 

Met die lewering van ons dienste word ons ondersteun deur ’n aantal sorgvuldig gekose verskaffers (soos die e-posdiensverskaffer en die aanbieders van ons platform). Sommige van hierdie verskaffers het toegang nodig tot gedeeltes van jou inligting om hulle taak te kan verrig (soos byvoorbeeld om toegang te verleen tot versamelings agter die betaalmuur). Hierdie verskaffers word verplig om gepaste sekuriteitsmaatreëls te neem met betrekking to tjou data. 

Ons sal jou persoonlike inligting nie aan ander derde partye gee nie, tensy jy daarvoor vooraf toestemming gee of indien ons wetlik daartoe verplig is. 

Nuuseum sorg dat jou persoonlike inligitng behoorlik beveilig word, sodat jou data beskerm word teen ongemagtigde gebruik, ongemagtigde toegang, wysiging en onregmatige vernietiging. Ons bewaar jou persoonlike inligting so lank as nodig vir die aangeduide doeleindes of so lank as wat die wet dit voorskryf. 

Jy het die reg om jou persoonlike inligting te sien, reg te stel of te verwyder, die verwerking van jou persoonlike inligting te beperk of ’n deel van jou persoonlike inligting aan ander organisasies oor te dra. Jy het ook die reg om beswaar te maak teen die verwerking van jou persoonlike inligting. As jy toestemming gegee het tot die verwerking van jou persoonloike inligting (soos met die ontvangs van die nuusbrief) het jy die reg om hierdie toestemming terug te trek. In bepaalde situasies kan hierdie regte beperk wees, byvoorbeeld as ons kan bewys dat ons wettig verplig is om jou persoonlike inligting te verwerk. Kontak ons by info@nuuseum.media vir enige sulke navrae. Ons sal in beginsel binne een maand reageer op ’n versoek om inligting of regstelling. In geval van ’n versoek om verwydering sal ons die betrokke persoonlike inligting so spoedig moontlik verwyder, tensy die wet ons verplig om die betrokke persoonlike inligting te bewaar. Ons kan jou vra vir aanvullende inligting om jou identiteit te kontroleer. 

Ons wys jou daarop dat ons nie versoeke kan toestaan om bronmateriaal uit die digitale versameling van Nuuseum kan verwyder nie. Dit is belangrik dat die outentieke en volledigheid van kultuurhistoriese, joernalistieke en literêre bronmateriaal gewaarbord word. Nuuseum kan dus nie gegewens verwyder nie. Boonop bevat die privaatheidswetgewing ‘n uitsondering waardeur die reg tot versoek van verwydering van gegewens nie geld vir die verwerking deur onder meer biblioteke, soos Nuuseum, vir literêre en/of joernalistieke doeleindes nie.  

Daar bestaan wel die reg om vergeet te word in soekresultate van soekmasjiene soos Google. Dan word die oorsponklike bronmateriaal nie van die internet verwyder nie, maar word bewerkstellig dat Google die bronmateriaal nie meer in die soekresultate opneem as daar op na jou naam gesoek word nie. Met ander woorde: as mense jou naam soek, kan hulle nie die webwerf nie as soekresultaat sien nie. So ’n versoek kan jy by Google indien: https://www.google.com/webmasters/tools/legal-removal-request?complaint.

Nuuseum kan hierdie privaatheidsklaring wysig. Ons beveel aan dat jy hierdie privaatheidsklaring gereeld lees om op hoogte te bly van enige wysigings. Hierdie privaatheidsverklaring is laas gewys op 10 Oktober 2024. 

Indien jy vrae, opmerkings of klagtes het, kontak ons gerus by info@nuuseum.media