Uitstalling oor vroeë dansorkeste in die Kaap (1947-2008)
Nuuseum se uitstalling oor vroeë langarm-dansorkeste in Kaapstad is te sien by die US Toyota Woordees van 7 tot 15 Oktober 2023. Die uitstalling fokus op die Philadelphia Rhythm-dansorkes en is grootliks gegrond op ongedokumenteerde geskiedenis van hierdie groep. Hierdie uitstalling is nou ook aanlyn te sien met addisionele klank- en beeldmateriaal uit die Hendricks-familieargief.