Skenkings

Finansiële bydrae

Dra by tot die bewaring van ons Afrikaanse kultuurerfenis deur ’n finansiële bydrae te maak aan Nuuseum. Ons werk daaraan om die totale Afrikaanse kultuurerfenis te bewaar en toeganklik te maak vir die nageslag. Sodoende word materiaal bewaar en word dit beskikbaar om te ontdek, te ontgin en te ontwikkel. Word deel van hierdie innoverende projek! 

Skenk materiaal

Het jy interessante materiaal by die huis? Of werk jy met belangrike Afrikaanse materiaal? Is jy ’n skeppende kunstenaar, filmmaker of musiekant wat jou werk wil beskikbaar maak en bewaar vir die toekoms?

Ons stel baie belang om van jou te hoor en verder te gesels oor hoe om hierdie materiaal deel te maak van die digitale Afrikaanse kultuurerfenis.

Testamente

Hou jou erfenis lewendig deur ‘n nalentenskap te los wat sodoende Afrikaans en Afrikaanse kultuurerfenis se voortbestaan, oplewing, en bewaring verseker. 

As ’n nie-winsgewende maatskappy word jou bemaking deel van die groot projek om ons erfenis vir die nageslag te bewaar.