Oor Ons


Missie en Visie
Nuuseum wil die grootste digitale argief van Afrikaanse materiaal skep, vir die toekoms bewaar en dit beskikbaar stel vir navorsing, kreatiewe projekte en nuuskieriges. Ons visie is om die totale Afrikaanse erfenis te laat lewe en groei op een innoverende, dinamiese platform, oop en toeganklik vir almal.
Ons versamel media materiaal in die breë en kyk na materiaal van geskiedkundige, wetenskaplike, maatskaplike, geestelike, taalkundige, en tegnologiese waarde. Dit sluit in die nuusmedia, uitvoerende kunste, beeldende kunste, televisie en filmmateriaal, familiestambome, kerkgeskiedenis en landbou.
Ons doel
Nuuseum skep en onderhou ’n opvoedkundige hulpbron en ’n interaktiewe argiefplatform vir die behoud van ’n diverse Afrikaanse kultuurerfenis. Deur te fokus op die digitalisasie van kosbare materiaal, die insamel van bestaande digitale materiaal, en die dokumentering van voorheen afgeskeepte en ongedokumenteerde geskiedenis, sal Nuuseum vir die eerste keer ‘n unieke versameling op een plek saamtrek en beskikbaar maak.
Maatkappy
Nuuseum is in 2017 gestig deur Karen Meiring, Herman Binge, Albert Geldenhuys en Christoff Pauw om ‘n aktiewe verskil te maak aan erfenisbewaring in Suid-Afrika. Nuuseum is ‘n maatskappy sonder winsbejag en kwytgesteld van belasting. Ons bestuur en direksie bring ervare argiefkundiges, sakekenners, akademici, joernaliste, kopieregspesialiste, kultuurverteenwoordigers en mediakenners saam om die dokumentasie, bewaring en bestuur van argiefmateriaal te ondersteun.

Personeel

Dr Lizabé Lambrechts
Uitvoerende Bestuurder

Ashrudeen Waggie
Kwaliteitsbeheer

Johan Burger
Digitalisasie

Jonathan Hughes
Digitalisasie

Johan Smit
Digitalisasie
Direksie

Christoff Pauw
Voorsitter en Dagbestuur

Albert Geldenhuys
Direksie en Dagbestuur

Japie Gouws
Direksie en Dagbestuur

Karen Meiring
Direksie en Dagbestuur

Illse Assman
Direksie

Tim du Plessis
Direksie

Michael Jonas
Direksie