Ontdek en ontgin ‘n digitale Afrikaanse kultuurerfenis
Wat doen Nuuseum?
Nuuseum is ‘n aktiewe argiefinstansie met ‘n visie om die totale, diverse, Afrikaanse kultuurerfenis op een plek te bewaar en toeganklik te maak vir almal. Deur middel van ons aanlyn portaal, bied ons jou die geleentheid om woord vir woord deur duisende historiese tekste te soek. Die versameling sluit materiaal in van individue, argiewe, en kultuurorganisasies van regoor Suid-Afrika.
Kom ontdek die rykdom van die verlede vandag!
Digitalisering
Ons digitaliseer materiaal vir argiewe, kultuurorganisasies, besighede en individue.
Bewaring
Ons bewaar digitale materiaal en maak dit beskikbaar op ons argiefplatform.
Opvoeding
Ons platform is ‘n unieke opvoedkundige hulpbron en ons verskaf opleiding vir die gebruik van digitale argiewe.
Aktivering
Ons skep interaksie met argiefinhoud deur werkwinkels, uitstallings, potgooi episodes, en maak gesofistikeerde data ontledings moontlik.
Ons Versamelings
Tydskrifte
Van wetenskap en letterkunde, tot huishoudkunde, sport en kuns, kom soek deur materiaal vanaf 1850 tot en met vandag.
Koerante
Deursoek duisende Afrikaanse koerante uit ons mikrofilm versameling van regoor Suid-Afrika vanaf 1915-1970.
Ander
Nuuseum berei voor om ook fotos, films, televisiemateriaal, klank, en teaterwerk digitaal te bewaar.
Vir Die NUUSkieriges
Vriende van Nuuseum
Argiewe is die hartklop van enige gemeenskap en jou deelname en insette is vir ons belangrik.
Raak betrokke by ’n lewendige argiefinstansie en wees eerste om te hoor van spesiale aanbiedings, werkswinkels, en ander geleenthede.
Kom deel jou kennis en ervaring om by te dra tot die bewaring van ’n inklusiewe erfenis.